Hans
Drommedaaris
Hans Drommedaaris wat sy betekenis kry van “die dromme wat daar is” het sy debuut vertoning in 2003 gemaak waar hy in lokale pubs in Centurion begin optree het.
Vars van die Vrysraat, gebore 16 Desember 1969 te Kroonstad en groot geword op Ventersburg, het hy gehore begin vermaak tot laat in die nagte. Soos hy sê “Om in pubs op te tree is soos die weermag, jy moet dit doen anders gaan jy nooit jou aanhangers waardeer as jy eendag bo is nie”. Hy glo absoluut dat daar niks daarmee fout is om hard te werk nie en daarom sal hy nog steeds soos ’n trotse boer sy luidsprekers dra as dit nodig is. Hy woon die afgelope 11 jaar in Centurion.
Sy vertonings het bestaan uit die speel van elektroniese dromme, kitaar, konsertina en xilofoon, maar het geleidelik begin fokus op minder instrumente en meer vermaak as sanger nadat hy genommineer is in 2009 as top 8 komedie albums, Vonk Musiek toekennings en in 2011 as top 5 komedie albums, Huisgenoot tempo toekennings.
Die Drommedaaris het meer begin optree by groot feeste soos die Druiwe Fees in Nylstroom, Windpomp Fees in Naboomspruit, Kersie Fees in Ficksburg, Nampo, ens. ATKV oorde nl. Klein Kariba, Buffelspoort, Natalia en Omaramba, Kloof Rustenburg, Aldam, Aventura oorde nl. Plettenbergbaai, Warmbad, Badplaas, Swadini, Loskopdam, ,Gariep dam, Tshipise en Wees gerus.
Hy was selfs die aanbieder van Feesvoete op ASTV kanaal 177 op Top TV in 2012 waar hy 14 episodes opgeneem en geredigeer het in sy studio, waar hy natuurlik ook deesdae sy eie musiek opneem. Hy het onderhoude gehad met meeste van SA se top kunstenaars. Sy musiekvideos het al gespeel op TV 2, Kyknet, ASTV, Top TV en Openview en is op die speel lys van vele radio stasies in S.A.
Besprekings het begin inrol as MC, motivering spreker, komediant en sanger by skole, kerke en feeste. Die dae van pub optredes het al hoe minder begin word wat enige musikant se droom is, veral as jy soos Hans al meer as 4000 optredes gedoen het sedert die ouderdom 5 in hul familie orkes en wat meer as 40 musiek instrumente bespeel en sy lisensiaat in perkussie ontvang het by die Weermag en Korrektiewe dienste orkes in Kroonstad.
Hy bedryf ook 'n musiekskool in Centurion waar hy klasse aanbied vir meer as 50 studente in sang, drom, kitaar en bas kitaar. Sy 2 dogters Liza (16) en Alika (9) het ook begin optree saam hom en dit maak Hans soveel meer veelsydig om ‘n program aan te bied vir jonk en oud. Sy vrou Yolanda doen sy kantoorwerk en besprekings waarmee hy reeds 20 jaar getroud is. Dit spreek vanself dat Hans se standard hoog is en sy gesin bo aan die prioriteitslys is as dit kom by tyd, aandag en ondersteuning
Ons kan hom ook sien as ‘n Dr Phil in ‘n boere kleed aangesien hy hom besig hou met motivering praatjies by skole en Korporatiewe spanboue. Sy woorde kies hy versigtig en akuraat dat selfs ander kulture versot is op sy aanbieding met ‘n komediese aanslag. Sy vertoning kan hy selfs vir tot ‘n 1000 mense aanbied met PVC pype waar die gehoor interaktief kan deelneem. Sy klem val op respek, dissipline, onderdanigheid aan die sisteem om te kan groei, kennis is krag, maar met toepassing daarvan en dat die lewe ‘n keuse is om jouself te verreik om jou doelwitte te bereik. 11 Jaar gelede het hy ‘n keuse gemaak om te begin sing en die resultate spreek vanself dat hy uiters ambisieus, kompeterent en suksesvol is.
Drommedaaris het altyd soveel verskillende karakters aangeneem op verhoog, maar is deesdae bekend vir sy nuwe vertoning as die “Die wille Boer”. Sy musiek het meer gefokus begin raak op die konserwatiewe, Afrikaans sprekende gesinsmark met heelwat ritme en komedie waar die wille boer uitgebeeld word met instrumente soos die konsertina, mondfluitjie, kitaar en ‘n militere drom oor die skouer.
In 2013 het hy “Pierewaaier dans” musiek video opgeneem waar hy “Jan Pierewiet en Oom Jan sny koring” op gekikker het. Dit was gepubliseer in die Son koerant dat hy meer as 24 000 hits gekry het op Youtube in twee maande teenoor. Meer as 13 musiek videos is reeds op Youtube waarvan die meeste met meer as 5000 hits spog. “Dis mos mielies” musiek video en “Voet in die hoek met my 4X4” is van die nuutstes wat hy self opgeneem en vervaardig het. Hans het die internet ontdek en agtergekom dat TV, radio en koerante nie die enigste manier is om aanhangers te kry nie en sodoende sy borge begin betrek om hul produkte in sy liedjies en videos te adverteer.
Hans het so pas sy 3de album vrygestel met 13 snitte nl. “Die Wille boer” met die titel snit “Die wille boer” wat alles te doen het met dinge wat ‘n Suid Afrikaans sprekende persoon homself mee kan vereenselwig. Liedjies soos “Braaibroodjies” “Chuck Norris” wat lief is vir sy vrou, kinders en taal met gesonde gesins waardes, Lief is vir sy diere met “Oubaas se honne” Wat hou van trekkers en stropers met “Dis mos mielies” en “Boere patente” Wat hengel met “Kap daai stok”, wat 4x4 ry met “Voet in die hoek met my 4x4” Dan ‘n paar bekendes soos “Liewe Lulu, Royal hotel en Pierewaaier dans”, en dan natuurlik rugby kyk met die “Bulle kreet”
Die nuwe beeld van Hans Drommedaaris slaan die spyker op die kop met ‘n voel goed klank met ‘n stewige basdrom, met konsertina en mondfluitjie hier en daar.
hans_drom_web004002.jpg hans_drom_web004001.jpg
Pers verklaring
(right click om te download)
(click op foto om te download)